Monday, 27 April 2015

Dolfyne



Met dagbreek baljaar dolfyne op die golwe
Waar die son se strale die hemelruim verlig
terwyl die branders die see sand omdolwe
Hulle groet elke môre met ‘n lied.

Hulle lyk so gretig oor wat die nuwe dag
hulle gaan bied.

Ons wêreld verskil so van hulle s’n,
dit was so van die begin
Die mense dink hulle probleme se
oplossing is met gewere.

Maar dolfyne bou aan ‘n beter toekoms
en vergeet van die verlede.

Dolfyne is die vriendelikste diere onder in die see.
En is altyd bereid om liefde te gee.
So as jy dink die wêreld is vir jou kwaad.
Onthou: Dolfyne bly nog steeds jou beste maat.
Lucretia Aucamp (11) 

,